Lulu  Venter's Memorial

Lulu Venter
(2001 - 2010)

Share:

Online Memorial  |   Photo Albums  |   Videos  |   Tributes  |   Friends/Family  |   Groups  |   Reach Outs  |   Invite  
Lay a Flower Lay a Stone Light a Candle Give a Heart
Light Incense Offer Rice Wine Make a Comment Add Memory
Dedicate a Song

Tributes

Heart
From: Nats
View
Mis jou nog so my ou dogterjie. Sal jou altyd onthou!
Candle
From: Nats
View
My ou Poppelops, ek mis jou nog net so baie. Ek weet jy, Stoffel en Meggie is saam met ons. Ek kan julle by my voel, en soveel van julle maniertjies kan mens sien in die hondjies wat nou by die huis is. Ek verlang nog steeds Lolitatjie, en sal jou nooit vergeet nie. Ek was en sal altyd baie lief bly vir jou my bek.
Candle
From: Nats
View
My Poplap, dis môre al 4 jaar wat jy weg is, maar as ek na jou foto kyk, voel dit of jy nog steeds by my is. Ek mis jou nog elke dag my poppelops. Daar is nou 'n hele lot honde by die huis, maar ek sal jou nooit vergeet nie my bekkie. Mammie mis jou vreeslik baie, en sal altyd lief bly vir jou!!
Flower
From: Nats
View
Hallo my poplap. Dis nou al amper 3 jaar vandat jy nie meer by ons is nie, en ek verlang nog net so na jou. Ek sal jou nooit vergeet nie my bekkie, en jy sal vir altyd in my hart bly voortleef. Mis jou so ontsettend baie my pop. Liefies jou vir altyd!!!
Heart
From: Nats
View
My liefste pop, hoe mis ek jou nie! Ek voel jou by my en ek bly gedurig aan jou dink. Ek glo jy is hier by my, en ek mis jou so verskriklik baie! Sal altyd lief bly vir jou my pop!
Flower
From: Nats
View
My pragtige meisiekind, ek mis jou so verskriklik vandag. Die trane is nie meer so baie nie, maar die verlange na jou sal nooit weggaan nie. Dis nou al 'n jaar en 'n half wat jy weg is, en ek sal seker altyd skuldig voel oor my besluit, maar ek weet jy sou net sieker geword het. Ek wou jou nie laat ly nie my pop. Ek dink nog elke dag aan julle al 3, en sal julle nooit vergeet nie. Jy sal a...
Candle
From: Nats
View
While you could not speak the words, I could hear the whispers of your voice. Telling me it was time to go, to celebrate your life and rejoice. You decided it was time to go and find your resting ground. You lay down your tired head and went without a sound. In my heart I know you loved me, as much as I loved you. I pray you've found the peace, that's helped to see me through. ...
Heart
From: Nats
View
My ou Lolitatjie, ek mis jou nog so verskriklik baie. Ek sal jou nooit vergeet nie my pop, en sal altyd lief bly vir jou. Mis jou, en liefies vir jou vir altyd.
Heart
From: Nats
View
Hi my pop, ek kan nie glo dis al amper 'n jaar dat jy weg is nie. Dit voel soos gister wat ek jou moes laat gaan. Een ding weet ek verseker, en dit is dat ek nie een van julle ooit sal vergeet nie, en my liefde vir julle sal ook nooit minder raak nie. Die pyn raak beter, maar nie die verlange nie. Ek mis jou ontsettend my meisiekind. Lief jou baie!!!!
Candle
From: Nats
View
Hi my Pop, ek is nog so verskriklik hartseer oor julle 3 wat nie meer by my is nie, dit voel partymaal of my keel toetrek van die hartseer. As ek besef hoeveel liefde daar tussen ons was, is ek so bly dat ek die eer gehad het om julle liefde te kon ervaar. Julle was absoluut sulke spesiale en "passionate" hondjies en het met my hart gepraat. Ons het mekaar verstaan sonder woorde. Ek mis jul...
Our Wishing Well





Our Wishing Well