Stoffel  Venter's Memorial

Stoffel Venter
(2001 - 2009)

Share:

Online Memorial  |   Photo Albums  |   Videos  |   Tributes  |   Friends/Family  |   Groups  |   Reach Outs  |   Invite  
Lay a Flower Lay a Stone Light a Candle Give a Heart
Light Incense Offer Rice Wine Make a Comment Add Memory
Dedicate a Song

Tributes

Heart
From: Nats
View
Dink nog so baie aan jou my ou seuntjie. Mis jou!!
Candle
From: Nats
View
Hi my Vetseun, hoe mis ek jou nie nog nie. Ek sal jou net nooit kan vergeet nie, en was so baie lief vir jou. Ek wonder nog steeds wat fout gegaan het daai Sondag, en sal altyd wonder wat die rede is vir jou sterfte. Ek verlang nog baie my bekkie. Ou Peppie is baie soos jy, ek dink jy het vir my iets gestuur deur hom. Lief jou vir altyd my vettie.
Candle
From: Nats
View
My liefste ou Vettie, hoe vreeslik baie mis ek jou nie nog nie. Dit nou al 5 jaar vandat jy nie meer by ons is nie, maar die verlange na jou sal nooit ophou nie. Ek mis nog steeds jou lyfie in my arms elke aand. Net jy kon in my arms lê soos 'n baba. Ek sal altyd lief bly vir jou my ou seuntjie, en eendag sien ons mekaar weer. Mis jou baie, en lief jou net so baie.
Flower
From: Nats
View
Hallo my ou vettie. Dis môre al 4 jaar vandag jy weg is, en ek mis jou nog net so my ou seuntjie. Jy sal vir ewig in my hart wees, en ek sal altyd lief bly vir jou. Ek mis daai pokkel lyfie so, veral as jy in die aande in my arms gelê het. Ek sal jou nooit vergeet nie my seuntjie, en jy sal altyd spesiaal bly vir my. Mis jou so oneindig baie, en liefies jou vir altyd my Stofstert.
Heart
From: Nats
View
My liefiekind, wil net se hoe baie mis ek jou. Jy is permanent in my gedagtes, en ek glo jy is hier by my in gees. Ek mis jou so baie! Lief jou my bekkie.
Flower
From: Nats
View
My ou vetste liefkind, hoe mis ek jou nie vandag nie. Dis nou al 2 en 'n half jaar vandat jy weg is, maar dit voel soos gister wat jy nog in my arms gelê het. Ek sal julle 3'tjies vir ewig in my hart dra, en ek mis julle verskriklik baie. Ek sal vir altyd lief bly vir jou my ou Stofstert. Klein Lizzy is ook nou saam met julle, kyk mooi na haar, sy is so fyntjies en klein. Mammie mis julle ...
Candle
From: Nats
View
I Only Wanted You They say memories are golden well maybe that is true. I never wanted memories, I only wanted you. A million times I needed you, a million times I cried. If love alone could have saved you you never would have died. In life I loved you dearly, in death I love you still. In my heart you hold a place no one could ever fill. If tears could build a stairway and hea...
Heart
From: Nats
View
My ou Stofstert, ek mis jou nog net so baie, en sal jou nooit vergeet nie. Dit was al 2 jaar, maar jy leef nog altyd in my hart en gedagtes. Lief jou my bekkie!
Heart
From: Nats
View
Hallo my ou vettie, ek kan nie glo dis al amper 2 jaar dat jy nie meer saam ons is nie. Dis partykeer nog so onwerklik, maar dit raak beter. Ek weet net een ding verseker, en dit is dat ek jou en Lulu en Meg nooit sal vergeet nie. Julle sal voorleef in my hart en gedagtes totdat ek die dag my kop neerlê. Ek mis jou lyfie my ou vettie, om jou in die aande in my arms te kon vashou was so spsi...
Candle
From: Nats
View
My ou vettie, ek kan maar net nie aan jou dink of van jou praat sonder om hartseer te raak nie. Party dae sit die trane baie vlak, en moet ek baie hard sluk om nie te huil nie. Ek mis jou so verskriklik my bekkie. Soos ek vir Lulu gesê het, was ek so bevoorreg om julle in my lewe te kon gehad het, en al is dit nou hoe seer, ek weet ek het opregte liefde en aanvaarding beleef met julle. Hoe ...
Our Wishing Well





Our Wishing Well